VLU Overvaal kompetisie kategorie
Breiwerk
2027
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Breiwerk
2027
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Breiwerk
2027
Kreatiewe gilet
- VOORKOMS - 50%
- WERKSGEHALTE - 50%
Vereistes
- ‘n Heuplengte, moulose kreatiewe gilet.
- Kreatief beteken hier om ‘n gilet skeppend te brei wat nuut en innoverend is.
- Artikel mag nie ouer as twee jaar wees nie.
- Enige garingdikte vesels, patroonsteke en kombinasies van patroonsteke asook verskillende kleurvariasies kan gebruik word.
Wenke
- Daar kan splete in die synate wees en as die gilet se voor- en agterpante slegs op die skouers heg, is een of ander geskikte vasmaker langs die sye nodig.
- ‘n Gilet word altyd oor ‘n ander kledingstuk gedra daarom moet die halslyn nie te hoog wees nie. Maak gebruik van enige geskikte vorm halslyn.
- Waak teen te veel verskillende effekte wat ‘n te deurmekaar indruk kan skep.
- Spanning gaan belangrik wees aangesien daar met verskillende diktes garing, vesels en patroonsteke gebrei gaan word.
- Beplan en toets eers elke tipe sorgvuldig sodat die artikel ‘n netjiese spanning sal behou.
- Tooisels en borduurwerk is binne perke toelaatbaar en mag nie die breiwerk oorheers nie.
- Kreatief sluit in onder andere – strepe, crazy patchwork ensovoorts.
Aanbieding
- In ‘n deursigtige plastieksak en as volg gemerk: BREIWERK, jou naam, tak, area en provinsie.
- Heg kaartjie aan die artikel met ‘n hekeldraad.
- Geen hakspelde asb.

Ons wenners in die breiwerk kategorie vir 2025
By VLU Overvaal vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2024 breiwerk kategorie was 'Noorweegse Trui'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.
Ons wenners in die breiwerk kategorie vir 2025
By VLU Overvaal vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2025 breiwerk kategorie was 'Noorweegse Trui'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.
Vind 'n kompetisie waar jou talente kan skyn
Indien hierdie breiwerk kompetisie nie aanloklik lyk vir jou nie, besoek gerus ons VLU Overvaal kompetisie webblad. Hier kan jy soek deur ‘n verskeidenheid van kategorieë om ‘n kompetisie te vind waar jou kreatiwiteit en vaardighede kan skyn. Ons sien uit om jou werk op ons beoordeelaars tafel te sien.