VLU Overvaal kompetisie kategorie

Skryfkuns

2027

VLU Overvaal kompetisie kategorie

Skryfkuns

2027

VLU Overvaal kompetisie kategorie

Skryfkuns

2027

Storie vir ‘n kleuter

Laai kompetisie riglyne af

Vereistes

  • Storie vir ‘n kleuter van 3 – 5 jaar.
  • Aantal woorde: 450-500
  • Dui die woordtelling aan die einde van die storie aan.
  • Font: Gebruik Calibri 12 in 1,5 spasiëring op A4 groote papier of karton.

Riglyne

  • ‘n Storie vir voorskoolse kinders is gevra.
  • Skep karakters wat geloofwaardig voorkom. Hulle moet dus sterk- en swakpunte, asook drome hê, en die wilskrag om probleme te oorkom en drome te verwesenlik.
  • Die struktuur is eenvoudig met kort maar kragtige sinne.
  • ‘n Begin, middel en einde is belangrik. Die storie moet dus van die begin af boeiend wees, die kind neem op ‘n opwindende reis en ‘n gelukkige einde hê.
  • Kies ‘n eenvoudige, prettige onderwerp waarmee die kind sal vereenselwig.
  • Die inhoud moet geloofwaardig wees, m.a.w. skets die wêreld vanuit ‘n kleuter se perspektief.
  • Die tema is u eie keuse.

Wenke

  • Hou die belangstellings en ontwikkelingsvlak van dié ouderdomsgroep in gedagte.
  • Hanteer fantasie versigtig. Meeste kinders in hierdie ouderdomsgroep kan nog nie onderskei tussen fantasie en werklikheid nie.
  • Superhelde is nie geskik vir hierdie ouderdom nie. Hulle sin vir gevaar is nie genoegsaam ontwikkel om besluite te neem vir hul eie en ander se veiligheid nie.
  • Herhaal frases, rymwoorde of klanke vir pret en ter wille van taalontwikkeling.
  • Stories oor kinders van hul eie ouderdom is altyd ‘n treffer, veral in die geval waar die kleuter met dieselfde probleem worstel as die karakter (vrees, angs, ‘n gebrek, ens).
  • Maak gebruik van direkte rede om die storie meer interessant en geloofwaardig te maak.
  • Moet nie die humor vergeet nie.

Belangrike punte by beoordeling

TAAL EN TEGNIESE ASPEKTE

  • Woordorde
  • Sinkonstruksie
  • Leestekens
  • Tyd
  • Beskrywende woorde

INHOUD EN KREATIWITEIT

  • Omgewing (‘setting”)
  • Beeldspraak en klanknabootsing
  • Verhaalelemente, (konflik, aksie, toon)
  • Dialoog
  • Verrassingselemente
  • Karakterontwikkeling
  • Impak van die slot

Aanbieding

  • Plak ‘n koevertjie agterop die skryfstuk met SKRYFKUNS, u naam, tak, area en provinsie.
  • Plaas die skryfstuk in ‘n liaseersakkie.
  • Heg die SAVLU beordelaars kaartjie aan die skryfstuk met lang genoeg hekeldraad.

TAALGEBRUIK EN TEGNIESE ASPEKTE

  • Woordorde
  • Sinskonstruksie
  • Leestekens
  • Tyd
  • Beskrywende woorde

INHOUD EN KREATIWITEIT

  • Omgewing (‘setting”)
  • Beeldspraak en klanknabootsing
  • Verhaalelemente, (konflik, aksie, toon)
  • Dialoog
  • Verrassingselemente
  • Karakterontwikkeling
  • Impak van die slot

Aanbieding

  • Plak ‘n koevertjie agterop die skryfstuk met SKRYFKUNS, u naam, tak, area en provinsie.
  • Plaas die skryfstuk in ‘n liaseersakkie.
  • Heg die SAVLU beordelaars kaartjie aan die skryfstuk met lang genoeg hekeldraad.

Ons wenners in die skryfkuns kategorie vir 2025

By VLU Overvaal vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2025 skryfkuns kategorie was 'Op pad'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.

EERSTEPLEK

Nicoline
le Roux

PRETORIA STREEK

95%

TWEEDEPLEK

Sandra Jordaan

JAKARANDA STREEK

93%

DERDEPLEK

Bettie
Boshoff

JAKARANDA STREEK

92%

EERSTEPLEK

Nicoline le Roux

PRETORIA STREEK

95%

TWEEDEPLEK

Sandra Jordaan

JAKARANDA STREEK

93%

DERDEPLEK

Bettie Boshoff

JAKARANDA STREEK

92%

Vind 'n kompetisie waar jou talente kan skyn

Indien hierdie skryfkuns kompetisie nie aanloklik lyk vir jou nie, besoek gerus ons VLU Overvaal kompetisie webblad. Hier kan jy soek deur ‘n verskeidenheid van kategorieë om ‘n kompetisie te vind waar jou kreatiwiteit en vaardighede kan skyn. Ons sien uit om jou werk op ons beoordeelaars tafel te sien.

Sien ander kompetisies