VLU Overvaal kompetisie kategorie
Masjienwerk
2025
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Masjienwerk
2025
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Masjienwerk
2025
Laslap werk met siersteke oor of op die nate
- Laslap werk met siersteke oor of op die nate. Enige artikel met die klem op naaimasjien borduursteke oor die nate.
- GEEN borduurmasjien of handborduuwerk nie.
Beoordeling en Punteskaal:
VOORKOMS - 50%
- Oorspronklikheid: Dink vernuwend, skep iets unieks en modern met die optimal gebruik van jou naaimasjien se siersteke.Onthou dit is ‘n voltooide artikel in laslapwerk waarvan slegs die nate met naaimasjien siersteke versier word. Geen oppervlak word deurgestik nie anders val dit onder kwiltwerk en dis niè ‘n kwiltwerk kompetisie nie. Beplanning uiters belangrik vir ‘n suksesvolle artikel.
- Tekstielstof: Gebruik duursame tekstielstof wat die artikel komplimenteer, die nodige stewigheid het om die siersteke te kan hanteer en die tyd wat aan die artikel bestee word regverdig.
- Gare: Gebruik goeie gehalte masjiengare vir stikwerk. Gee jou verbeelding vrye teuels en gebruik‘n verskeidenheid gare saam met die siersteke vir ‘n interessante effek.
- Parswerk:
Pars nate deeglik soos wat werk vorm aanneem. Waak teen oorpars.

WERKSGEHALTE - 50%
- Krimp tekstielstof vooraf indien nodig. Gee aandag aan draadrigting by die las van dele bv gekurfde nate sou daarenige wees. Naaldwerk beginsels soos nodig vir ‘n suksesvolle artikel moet ook in ag geneem word.
- Stikwerk/spanning: Maak optimal gebruik van die naaimasjien se siersteke. Inkorporeer garings van verskillende diktes en kleure en verandering van steeklengtes en wydtes. Maak seker jou masjien se spanning is 100% voor jy begin.
- Naalde: Dit is uiters belangrik om ‘n naald van die regte dikte wat pas by die tekstielstof steke en gare, te gebruik.
- Tegniek: Vir sommige tekstielstof en steke kan ‘n borduurraam handig wees.
- Aanbieding: Netjies gevou in ‘n plastieksakkie.
Addisionele inligting:
- Onthou om jou Masjienwerk asook Borduurwerk handleidings te raadpleeg. Die handleidings is van onskatbare waarde, Sommige van die voorbeelde aan die einde is om die verbeelding aan die gang tekry. Hulle kort nog versiering. Lekker beplan en werk aan die uitdaging.
Vir meer inligting:
Kontak gerus vir Dina van Dyk by 082 707 7320.
Laslap werk met siersteke oor of op die nate
- Laslap werk met siersteke oor of op die nate. Enige artikel met die klem op naaimasjien borduursteke oor die nate.
- GEEN borduurmasjien of handborduuwerk nie.
Beoordeling en Punteskaal:
VOORKOMS - 50%
- Oorspronklikheid: Dink vernuwend, skep iets unieks en modern met die optimal gebruik van jou naaimasjien se siersteke. Onthou dit is ‘n voltooide artikel in laslapwerk waarvan slegs die nate met naaimasjien siersteke versier word. Geen oppervlak word deurgestik nie anders val dit onder kwiltwerk en dis niè ‘n kwiltwerk kompetisie nie. Beplanning uiters belangrik vir ‘n suksesvolle artikel.
- Tekstielstof: Gebruik duursame tekstielstof wat die artikel komplimenteer, die nodige stewigheid het om die siersteke te kan hanteer en die tyd wat aan die artikel bestee word regverdig.
- Gare: Gebruik goeie gehalte masjiengare vir stikwerk. Gee jou verbeelding vrye teuels en gebruik‘n verskeidenheid gare saam met die siersteke vir ‘n interessante effek.
- Parswerk:
Pars nate deeglik soos wat werk vorm aanneem. Waak teen oorpars.
WERKSGEHALTE - 50%
- Krimp tekstielstof vooraf indien nodig. Gee aandag aan draadrigting by die las van dele bv gekurfde nate sou daarenige wees. Naaldwerk beginsels soos nodig vir ‘n suksesvolle artikel moet ook in ag geneem word.
- Stikwerk/spanning: Maak optimal gebruik van die naaimasjien se siersteke. Inkorporeer garings van verskillende diktes en kleure en verandering van steeklengtes en wydtes. Maak seker jou masjien se spanning is 100% voor jy begin.
- Naalde: Dit is uiters belangrik om ‘n naald van die regte dikte wat pas by die tekstielstof steke en gare, te gebruik.
- Tegniek: Vir sommige tekstielstof en steke kan ‘n borduurraam handig wees.
- Aanbieding: Netjies gevou in ‘n plastieksakkie.
Addisionele inligting:
- Onthou om jou Masjienwerk asook Borduurwerk handleidings te raadpleeg. Die handleidings is van onskatbare waarde, Sommige van die voorbeelde aan die einde is om die verbeelding aan die gang tekry. Hulle kort nog versiering. Lekker beplan en werk aan die uitdaging.
Vir meer inligting:
Kontak gerus vir Dina van Dyk by 082 707 7320.
Ons wenners in die masjienwerk kategorie vir 2024
By VLU Overvaal vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2024 masjienwerk kategorie was 'Dames Bloes'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.

Vind 'n kompetisie waar jou talente kan skyn
Indien hierdie masjienwerk kompetisie nie aanloklik lyk vir jou nie, besoek gerus ons VLU Overvaal kompetisie webblad. Hier kan jy soek deur ‘n verskeidenheid van kategorieë om ‘n kompetisie te vind waar jou kreatiwiteit en vaardighede kan skyn. Ons sien uit om jou werk op ons beoordeelaars tafel te sien.