VLU Overvaal kompetisie kategorie
Fotografie
2025-2026
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Fotografie
2025-2026
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Fotografie
2025-2026
Landskap in kleur - die skoonheid van ons land
Hierdie is ‘n landskap foto wat die mooiheid/skoonheid van die land ten toon gaan stel, en dus nie gefokus sal wees op menslike argitektuur van geboue nie. Indien jy argitektuur of diere by jou foto insluit, moet dit nie die fokus punt wees nie. Sluit liefs nie mense in jou foto in nie.
Vereistes:
- Slegs kleur fotos is toelaatbaar.
- Geen opskrif word benodig nie.
- Foto Grootte: A5 (184mm x 210mm)
- Prosessering is toelaatbaar, maar die foto moet nog steeds natuurlik lyk.
- Geen manipulasie toelaatbaar. Bv.moenie iets byvoeg of wegneem of skuif op die oorspronklike foto nie.
- Montering op A4 (300mm x 200mm) gekleurde karton kan die foto komplimenteer.
- Geen rame, met of sonder glas word toegelaat nie. Deelnemer se Naam, Van en Tak word op ‘n stukkie papier, binne ‘n koevertjie geplaas en agter op die montering met kleeflint vasgeplak.
- Bied aan in ‘n plastiese A4 leêrsakkie.
Wenke:
- Landskapformaat van jou foto sal ‘n goeie keuse wees, alhoewel nie ‘n vereiste nie.
- Omraming van jou foto kan tot die trefkrag van kleur in jou foto uitbring.
Beoordeling en Punteskaal
TEMA - 40%
ALGEMENE FOTOGRAFIESE BEGINSELS - 50%
- Die mooiheid / skoonheid van ons land is die doelpunt van die foto.
- Maak seker die foto is skerp en in fokus.
- Moeilk vir my om te sê dat Algemene kunsbeginsels hier moet geld, want ons is nie die Kunstenaar van dit wat ons afneem nie, alhoewel neem dit in gedagte met die hoek waarvanuit die foto geneem word.
- Sien ook: Riglyne vir fotografie in die SAVLU handleiding pg 62-63.
Vir meer inligting:
Kontak gerus vir Anneke Maurer by 082 264 3358.

Ons wenners in die fotografie kategorie vir 2024
l vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2024 fotografie kategorie was 'Weerkaatsing'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.
Ons wenners in die fotografie kategorie vir 2024
By VLU Overvaal vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2024 fotografie kategorie was 'Weerkaatsing'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.
Vind 'n kompetisie waar jou talente kan skyn
Indien hierdie fotografie kompetisie nie aanloklik lyk vir jou nie, besoek gerus ons VLU Overvaal kompetisie webblad. Hier kan jy soek deur ‘n verskeidenheid van kategorieë om ‘n kompetisie te vind waar jou kreatiwiteit en vaardighede kan skyn. Ons sien uit om jou werk op ons beoordeelaars tafel te sien.