Ons ontstaan en geskiedenis van die VLU

Ons ontstaan en geskiedenis van die VLU

Ons ontstaan en geskiedenis van die VLU

Geskiedenis van die Transvaalse Vroue Landbou Unie (TVLU)

Geskiedenis van die Transvaalse Vroue Landbou Unie (TVLU)

Die Transvaalse Vroue Landbou Unie (TVLU ) is op 8 September 1925 om14:30 in die Pretoriase Stadsaal gestig as uitvloeisel uit 'n versoek van die mans van die Transvaalse Landbou Unie (TLU wat sedert 1897 bestaan.) Die president van TLU, Majoor E.W. Hunt, en Mev Edith O’Connor, enigste dame op die hoofbestuur van die TLU, het die aanvoorwerk gedoen en mans van al die distriklandbou-unies is gevra om hulle vroue na die kongres saam te bring. Terwyl die mans kongres gehou het, het 55 dames in ’n ander lokaal vergader en is 'n Vroue-afdeling van die TLU gestig. Die titel was "Die Vroue­ afdeling van die Landbou Unie". Min van die 55dames het aangesluit en die volgende dag was daar net 18 wat weer opgedaag het.

 

Mev O'Connor is as President verkies met vyf dagbestuurslede en elkeen dra 1/- (eensjieling) by tot 'n 'liefdadigheidsfonds' wat later ledegeld sou word. ’n Affiliasiefooi van £1 jaarliks aan TLU is aanvaar.

Daar is ook drie beskrywingspunte aangeneem, nl.:

 

  • dat vroue tot landbouskole toegelaat kan word,
  • die Regering se Opvoedkunde Departement is gevra om Huishoudkunde as vak in hoërskole in te stel en
  • die Vroue Federasie en Kinderwelsynsvereniging is versoek om hulle dienste na die platteland uit te brei.


Die behoeftes van die Transvaalse plattelandse vrou was groot. Vroue is geïnspireer om hulself te verryk wat naaldwerk, opvoeding, gesondheid, huishouding en openbare sake betref.

 

Takke is algaande oor die hele Transvaal gestig ten spyte van doemprofete se voorspellings. Voorligting deur landbou- en huishoudkundiges het in die beginjare ‘n groot rol gespeel. In die depressie- en oorlogsjare was min bedrywighede moontlik maar kort daarna is dit weer hervat.

 

Mev O’Connor sê later die volgende oor die basis vir die stigting “Enthusiastic faith in the fine qualities of our country women, a fervent hope that their response to an organisation devoted to their interests would be unstinted and a rather hesitating charity has established itself”.


Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie (SAVLU)

Besoek webwerf

Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie (SAVLU)

Besoek webwerf

Op 17 Junie 1931 kom die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie (SAVLU) in Bloemfontein tot stand onder die voorsitterskap van Majoor EW Hunt, president van die Suid-Afrikaanse Landbou Unie en Mev Edith 0’Connor as die eerste president.

 

SAVLU is die oorkoepelende organisasie waarby die provinsies geaffilieer is.

Na 1995 bestaan SAVLU uit 7 provinsies, nl. VLU Overvaal, VLU Mpumalanga, VLU Noord, VLU Noordwes, Vrystaatse VLU, Natal se "Women's Institute" en die Namibiese Vroue Vereniging. Kaapland funksioneer outonoom en is nie by die SAVLU geaffilieer nie.

 

SAVLU skakel vanaf die beginjare direk met die Wêreldbond vir Plattelandse Vroue (WBPV / ACWW)

Die SAVLU se bestuur word gevorm deur die Presidentes van die onderskeie provinsies.

 

Vanaf 1961 word daar elke 3 jaar ‘n Kongres met venues oor die hele land gehou waartydens 'n SAVLU President verkies word.

VLU struktuur in Suid-Afrika


Geskiedenis van VLU Overvaal

Geskiedenis van VLU Overvaal

Gedurende 1994 is daar besluit om die huidige struktuur van die TVLU te ontbondel en te verdeel in die nuutgestigte provinsies in Suid-Afrika.


Die 21 streke het gedurende Maart 1995 hulle laaste konferensie in daardie formaat en onder die vaandel van TVLU gehou. Die ontbondeling en herindelingstigtingsvergaderings het hierna plaasgevind.

 

Gedurende ‘n Kongres in 1995 word ‘n nuwe President vir een jaar aangewys en vier visepresidente een uit elke nuwe provinsie word aangewys.

Die vier provinsies is Gauteng (Overvaal), Noordwes, Limpopo (Noord) en Mpumalanga. Die staatkundige grense is sonder uitsondering gebruik.

 

VLU OVERVAAL se eerste konstitueringsvergadering het op 17 November 1995 onder leiding van die president Lynette Snyman plaasgevind.

 

‘n Interimkomitee is gestig en al die sake rakende finansies en bateverdeling het aandag gekry met die hulp van ‘n prokureur en ouditeur. BTW op die skenkings moes betaal word. Die gebou word verkoop en die opbrengs prorata tussen die provinsies verdeel. Die los goed is ook onder die provinsies verdeel.


Gauteng (VLU Overvaal) is in vyf (5) streke verdeel:


  • Jakarandastreek bestaan uit 11 takke, wat strek vanaf De Wildt tot by Pretoria-Noord, verder suid tot by Wierdapark & Midstream in Centurion.
  • Pretoriastreek  sluit areas vanaf Waverley ooswaarts tot Bapsfontein en Bronkhorstspruit in.
  • Witwatersrandstreek  het takke in die omgewing van Westonaria tot Krugersdorp en Linden/Fairland, Johannesburg.
  • Goue Suide is die streek met takke suid van Johannesburg tot by Vanderbijlpark en Vereeniging.
  • Goudrifstreek  beslaan die area van Boksburg, Springs, Benoni, Nigel, Alberton en Kemptonpark.


Aanvanklik was die naam “Over-Vaal”   geskryf en later net as een woord. In 1999 benut VLU Overvaal die bruidskat wat van TVLU ontvang is om ‘n kantoor by   Eenheid 13, Corporate Office Park, Jeanlaan 257, Centurion   te koop.

 

Interessante feit:  Die TVLU-tafeldoek sou in 4 verdeel word. Noord stel egter nie daarin belang nie. Overvaal betaal Noordwes en Mpumalanga R1 000 elk vir hulle dele en die tafeldoekword in geheel Overvaal s’n.

Leer meer oor ons Streke