VLU Overvaal kompetisie kategorie
Handvlyt
2025-2026
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Handvlyt
2027
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Handvlyt
2027
Papierkrale
- VOORKOMS - 60%
- WERKSGEHALTE - 40%
Die doel van ‘n aktiwiteitsboekie is om ‘n liefde vir storie interpretasie en herkenning van letters, syfers, kleur, vorm, ens te ontwikkel deur pretaktiwiteite.
Vereistes
- Die artikel mag nie ouer as twee jaar wees nie.
- Grootte: Ongeveer 250 x 250mm maar nie kleiner as A5 (148mm x2110mm) nie.
- Materiaal vir blaaie: Duursaam, stewig en wasbaar. Moet maklik kan blaai.
- Materiaal vir los elemente: Vilt word gewoonlik gebruik maar is nie voorskriftelik nie.
- Moet beskik oor interaktiewe dele/elemente.
- NB! Minstens 5 bladsye, die versierde voorblad ingesluit.
Wenke
- Omboorsel kan gebruik word om blaaie te verstewig.
- Los elemente (blomme, blare, vrugte, ens.) mag dubbel gemaak word vir makliker hantering.
- Los elemente mag met die hand of masjien omgewerk word om duursaamheid te verhoog.
- Pasop vir gomdrade en merk waar dit gebruik word.
- Hou dit eenvoudig – nie te besig nie.
- Gebruik liefs groot knope en werk stewig vas vir veiligheid.
- Gebruik knope, drukknope, ritsluiters, Velcro, gespes, skoenveter en/of enige ander vasmaakmiddel.
- Draad of ander skerp voorwerpe is nie toelaatbaar nie.
- Hou kunsbeginsels in gedagte wanneer u beplan.
Aanbieding
- In ‘n deursigtige plastieksak en as volg gemerk: HANDVLYT, jou naam, tak, area en provinsie.
- Heg die kaartjie aan die boekie met ‘n hekelgaring.
- Geen hakspelde asb.
Aktiwiteitsboekie vir ‘n kleuter (+/- 3-5 jaar)

Ons wenners in die handvlyt kategorie vir 2025
By VLU Overvaal vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2025 handvlyt kategorie was 'Mecramé'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.

Vind 'n kompetisie waar jou talente kan skyn
Indien hierdie handvlyt kompetisie nie aanloklik lyk vir jou nie, besoek gerus ons VLU Overvaal kompetisie webblad. Hier kan jy soek deur ‘n verskeidenheid van kategorieë om ‘n kompetisie te vind waar jou kreatiwiteit en vaardighede kan skyn. Ons sien uit om jou werk op ons beoordeelaars tafel te sien.