VLU Overvaal kompetisie kategorie

Hekelwerk

2025-2026

VLU Overvaal kompetisie kategorie

Hekelwerk

2025-2026

VLU Overvaal kompetisie kategorie

Hekelwerk

2025-2026

Amigurumi

Laai kompetisie riglyne af

Amigurumi is die Japanese woord vir gehekelde, opgestopte speelgoed en verwys spesifiek na die proses of tegniek om 3D opgestopte speelgoed te maak. ‘n Wye verskeidenheid kreatuurtjies en karaktertjies word met hekelwerk geskep. Inspirasie word gevind in nabootsing van diertjies en menslike karaktertjies soos poppies. Hierdie hekelsoort het teen die 1970s weer gewild begin raak maar het reeds eeue gelede in China ontstaan en veral miniatuur karaktertjies en poppies was gewild. Hierdie karaktertjies kan ook aangetrek word indien verkies.

Vereistes:

  • Maak enige artikel wat die tipiese karakter van amugurumi hekelwerk weerspïeel, met of sonder klere.
  • Grootte: 25 - 30cm lank/hoog.

Beoordeling en Punteskaal:

VOORKOMS - 50%

  • Styl en verhoudings: Verhoudings tussen die patroondele van die artikel is nie realisties nie maar die voltooide artikel moet die ware karakter van die diertjie of poppie vertoon, bv ‘n dinosaurus of Minnie Muis.
  • Patroonsteke: Kortbeentjie en die X-kortbeentjie. Laasgenoemde word aanbeveel vir amigurumi. ‘n Klein persentasie addisionele steke word toegelaat.
  • Gare en kleur: Katoengare word gebruik in enige kleur of kleur kombinasies. Kleure is nie noodwendig realisties nie.
  • Tooisels: Tooisels moet stewig geheg word. Draad word ingehekel om vorm aan die hekelwerk te
    verleen, bv. die buiging van arms of knieë. Detail kan in borduur word. Wanneer plastiese oë gebruik word, moet dit stewig en korrek vasgemaak word. Gesigsuitdrukkings word gemoduleer met
    hekelgare en moet stewig geheg word.
  • Aanbieding: Die artikel moet fris en skoon vertoon en nie hanteer merke wys nie.

WERKSGEHALTE - 50%

  • Spanning: Die hekelspanning is stewig en dig. Geen opening of gaatjies behoort sigbaarte wees nie. Gebruik ‘n heelwat dunner hekelpen as aangedui op
    die hekelgare etiket. Oppervlakte van die hekelwerk moet gelyk en netjies wees. Oorstemmende patroondele bv. arms of pote, moet ewe groot wees.
  • Konstruksie metodes: Die verskillende patroondele wissel in grootte en word in die rondte gehekel. Gebruik ‘n plastiese skuifspeld om die oorgange van      rye te merk. Daar is verskeie tegnieke wat gebruik word vir die aan-en afhegting, vermindering en vermeerdering en vashegting van patroondele om die
    karaktertjiete vorm. Neem kennis van hierdie tegnieke. Stopsel moet stewig en egalig wees en nie deurskyn nie.
  • Afwerking: Sorg dat alle drade deeglike en onsigbaar weg gewerk word.

Addisionele inligting:

  • Gebruik die internet om spesifieke tegnieke en metodes vir amigurumi baas te raak.
  • Daar is voldoende videos vir elke tegniek en ‘n legio wenke om ‘n suksesvolle artikel te waarborg.

Vir meer inligting:

Kontak gerus vir Amari Haumann by 083 693 0319.

Amigurumi

Laai kompetisie riglyne af

Amigurumi is die Japanese woord vir gehekelde, opgestopte speelgoed en verwys spesifiek na die proses of tegniek om 3D opgestopte speelgoed te maak. ‘n Wye verskeidenheid kreatuurtjies en karaktertjies word met hekelwerk geskep. Inspirasie word gevind in nabootsing van diertjies en menslike karaktertjies soos poppies. Hierdie hekelsoort het teen die 1970s weer gewild begin raak maar het reeds eeue gelede in China ontstaan en veral miniatuur karaktertjies en poppies was gewild. Hierdie karaktertjies kan ook aangetrek word indien verkies.

Vereistes:

  • Maak enige artikel wat die tipiese karakter van amugurumi hekelwerk weerspïeel, met of sonder klere.
  • Grootte: 25 - 30cm lank/hoog.

Beoordeling en Punteskaal:

VOORKOMS - 50%

  • Styl en verhoudings: Verhoudings tussen die patroondele van die artikel is nie realisties nie maar die voltooide artikel moet die ware karakter van die diertjie of poppie vertoon, bv ‘n dinosaurus of Minnie Muis.
  • Patroonsteke: Kortbeentjie en die X-kortbeentjie. Laasgenoemde word aanbeveel vir amigurumi. ‘n Klein persentasie addisionele steke word toegelaat.
  • Gare en kleur: Katoengare word gebruik in enige kleur of kleur kombinasies. 
    Kleure is nie noodwendig realisties nie.
  • Tooisels: Tooisels moet stewig geheg word. Draad word ingehekel om vorm aan die hekelwerk te verleen, bv. die buiging van arms of knieë. Detail kan in borduur word. Wanneer plastiese oë gebruik word, moet dit stewig en korrek vasgemaak word. Gesigsuitdrukkings word gemoduleer met hekelgare en moet stewig geheg word.
  • Aanbieding: Die artikel moet fris en skoon vertoon en nie hanteer merke wys nie.
         
WERKSGEHALTE - 50%

  • Spanning: Die hekelspanning is stewig en dig. Geen opening of gaatjies behoort sigbaarte wees nie. Gebruik ‘n heelwat dunner hekelpen as aangedui op die hekelgare etiket. Oppervlakte van die hekelwerk moet gelyk en netjies wees.
    Oorstemmende patroondele bv. arms of pote, moet ewe groot wees.
  • Konstruksie metodes: Die verskillende patroondele wissel in grootte en word in die rondte gehekel. Gebruik ‘n plastiese skuifspeld om die oorgange van rye te merk. Daar is verskeie tegnieke wat gebruik word vir die aan-en afhegting, vermindering en vermeerdering en vashegting van patroondele om die karaktertjiete vorm. Neem kennis van hierdie tegnieke. Stopsel moet stewig en egalig wees en nie deurskyn nie.
  • Afwerking: Sorg dat alle drade deeglike en onsigbaar weg gewerk word.

Addisionele inligting:

  • Gebruik die internet om spesifieke tegnieke en metodes vir amigurumi baas te raak.
  • Daar is voldoende videos vir elke tegniek en ‘n legio wenke om ‘n suksesvolle artikel te waarborg.

Vir meer inligting:

Kontak gerus vir Amari Haumann by 083 693 0319.

Ons wenners in die hekelwerk kategorie vir 2024

By VLU Overvaal vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2024 hekelwerk kategorie was 'Inkopiesak'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.

EERSTEPLEK

Mara Swanepoel

GOUE SUIDE STREEK

88%

TWEEDEPLEK

Leonie Gilliland

JAKARANDA STREEK

87%

DERDEPLEK

Leanne Kruger

JAKARANDA STREEK

86%

EERSTEPLEK

Mara Swanepoel

GOUE SUIDE STREEK

88%

TWEEDEPLEK

Leonie Gilliland

JAKARANDA STREEK

87%

DERDEPLEK

Leanne Kruger

JAKARANDA STREEK

86%

Vind 'n kompetisie waar jou talente kan skyn

Indien hierdie hekelwerk kompetisie nie aanloklik lyk vir jou nie, besoek gerus ons VLU Overvaal kompetisie webblad. Hier kan jy soek deur ‘n verskeidenheid van kategorieë om ‘n kompetisie te vind waar jou kreatiwiteit en vaardighede kan skyn. Ons sien uit om jou werk op ons beoordeelaars tafel te sien.

Sien ander kompetisies