VLU Overvaal kompetisie kategorie
Kuns 2027
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Kuns 2027
VLU Overvaal kompetisie kategorie
Kuns 2027
Landskap in akrielverf
- VOORKOMS - 60%
- WERKSGEHALTE - 40%
Vereistes
- Gebruik gespande doek op raam (canvas) of harde skilderdoek.
- Grootte A3 - montering ingesluit, indien nodig.
- Geen glas of raam nie.
- Slegs kwastegniek is toelaatbaar.
- Gebruik goeie kwaliteit akrielverf.
- Artikel mag nie ouer as twee jaar wees nie, en moet geparraveer en gedateer wees.
- Maak gebruik van eie oorspronklike ontwerp/toneel.
Wenke
- Kies ‘n eenvoudige toneel eerder as een met te veel detail.
- Wees versigtig vir sonsondergange, waar byna net sillhoëtte te sien is.
- Geboue en figure in jou toneel is aanvaarbaar, solank dit nie die hoofonderwerp word of die toneel oorheers nie.
- Berei jou doek goed voor met‘n Laag Gesso sodat die verf beter vasklou.
- Enige van die klassieke ronde, plat of Filbert kwaste kan gebruik word.
- ’n Vernis of seëllaar kan op die voltooide werk aangebring word.
- Maak gebruik van ‘n goeie en duursame akrielverf. Kyk na die permanensie of kleurvastheid wat aangedui word op die verfhouer.
- Deur in lae te skilder, word goeie perspektie (diepte) verkry. Verf altyd van donker na lig.
- Akrielverf word gou droog. ‘n Kunsvertrager (blender / retarder) kan gebruik word om die aksie te vertraag.
- Neem in ag dat akrielverf verdonker wanneer dit droog is.
- Kyk na die kunsbeginsels en hou komposisie ingedagte.
- Goeie beplanning is dus nodig.
Aanbieding
- Verpak in ‘n borrelplastieksak vir beskerming.
- Moenie kleeflint gebruik om die sak toe te hou nie.
- Merk dit as volg: SKILDERKUNS, jou naam, tak, area en provinsie.
- Heg kaartjie aan agterkant van werk met ‘n lang genoeg hekelgaring en kleeflint.

Ons wenners in die kuns kategorie vir 2025
By VLU Overvaal vier ons graag die vaardighede en kreatiwiteit van elkeen van ons lede. Ons tema vir die 2025 kuns kategorie was 'Stillewe'. Van almal by VLU Overvaal is ons trots om met die wêreld te deel die top drie wenners in die kategorie.

Vind 'n kompetisie waar jou talente kan skyn
Indien hierdie kuns kompetisie nie aanloklik lyk vir jou nie, besoek gerus ons VLU Overvaal kompetisie webblad. Hier kan jy soek deur ‘n verskeidenheid van kategorieë om ‘n kompetisie te vind waar jou kreatiwiteit en vaardighede kan skyn. Ons sien uit om jou werk op ons beoordeelaars tafel te sien.