Welkom by VLU Overvaal
Jy is ‘n vrou met baie verantwoordelikhede en verpligtinge teenoor jou gesin, familie en gemeenskap, dalk ook nog aan ‘n werkgewer en elkeen eis jou tyd en aandag. Maar wat doen jy vir jouself? Leef jou vrouwees uit in volkleur.
Wat is ons doel met die organisasie?
VLU Overvaal is ‘n vroueorganisasie wat:
- verryk, kennis verbreed en vaardighede uitbou;
- die geleentheid bied om vriendskappe te bou, ondersteuning vir mekaar te bied en waar jy kameraadskap beleef;
- jou leefwêreld verbreed en jou by plekke en onderwerpe bring waar enkelinge nie by sou uitkom nie;
- vroue waagmoed gee en waar selfvertroue in ’n omgewing van aanvaarding gebou word.
Ons organisasie is dus die voertuig om die belange van vroue aan te spreek.

Neem deel aan 'n verskeidenheid aktiwiteite wat jou horisonne kan verbreed
VLU Overvaal bied aktiwiteite aan wat ons lede die geleentheid gee om hulself te verryk, kennis verbreed en vaardighede uit te bou.
Ons bied ‘n verskeidenheid van aktiwiteite aan wat die volgende insluit:
- Maandelikse byeenkomste met relevante temas wat opbou en verryk.
- Sprekers, demonstrasies, werksklasse en uitstappies.
- Kuiergeleenthede.
- Aanleer en ontwikkeling van nuwe vaardighede.
- Blootstelling aan nuwe tendense.
- Betrokkenheid by welwillendheidsinisiatiewe.
- Bied die geleentheid om vaardighede op kompetisievlak te bemeester vir diegene wat daaraan wou deelneem.
- Verskeie fondsinsamelingsaktiwiteite word aangepak.
Wat ook al jou status of ouderdom, daar is baie te leer en te beleef buite jou huis om jou lewe net meer sinvol te maak.
VLU Overvaal bied werklik iets vir elke faset van vrouwees.
Ons leuse is Vroue vir Vooruitgang.
Wie kan aansluit by VLU Overvaal?
- Is jy ‘n werkende vrou? – daar is aandtakke en takke wat Saterdae byeenkom en ons wil graag nog meer stig.
- Is jy ‘n pas afgetrede persoon wat sê? - “Ek het my hele lewe gewerk, nou wil ek iets vir myself doen” – daar is oral dagtakke.
- Is jy ‘n jong vrou wat tydelik met klein kinders huismamma is? - bring jou kind saam en benut die tyd met meer as koskook, huisskoonmaak en kinders grootmaak.
- Enige vrou wat die behoefte het om haarself te verryk en in ‘n veilige omgewing nuwe vriendskappe wil vorm.

Gereelde vrae
Bestaan die VLU nog?
Die VLU is ‘n organisasie wat hierdie jaar 100 jaar oud is. Die organisasie bly voortbestaan as gevolg van voortdurende en dinamiese vernuwing.
Ek is nie in die landboubedryf betrokke nie, kan ek steeds aansluit?
Die VLU het ontstaan vanuit die landbougemeenskap maar VLU Overvaal is vandag meer gerig op die stadsvrou.
Ek is nie handvaardig nie en kan nie bak/brei/hekel/borduur nie, sal VLU Overvaal vir my iets kan bied?
VLU Overvaal bied iets vir elke vrou. Jy hoef nie handvaardig te wees nie. Binne die VLU is daar egter die geleentheid om vaardighede te ontwikkel deur werksklasse en demonstrasies.
Is deelname aan kompetisies verpligtend?
Deelname aan kompetisies is glad nie verpligtend nie. Daar is egter heelwat geleenthede om vaardighede te ontwikkel en bemeester vir elkeen wat wil deelneem.
Watter ouderdomsgroep is die teikenmark van VLU Overvaal?
Vroue van alle ouderdomme bo 14 jaar is welkom en kan voordeel trek uit lidmaatskap by VLU Overvaal. Jy is nie té oud of té jonk om aan te sluit nie.
Moet ek by ‘n tak aansluit of kan ek net per geleentheid funksies en geleenthede bywoon?
Die struktuur van die organisasie bepaal dat jy lid van ‘n tak moet wees om volle voordeel van VLU Overvaal aktiwiteite te geniet.
Hoeveel kos dit om by VLU Overvaal aan te sluit?
Ledegeld wissel en word deur die takke individueel bepaal. Die ledegeld word jaarliks hersien maar word bekostigbaar gehou.
Sal daar geleenthede vir ‘n entrepreneur wees om te groei tot voordeel van my besigheid t.o.v. van leierskap en selfvertroue?
Die geleentheid word deurlopend gebied om leierskapvaardighede aan te leer en te ontwikkel deur verskeie aktiwiteite binne tak, streek en provinsiale vlak.
Ek is eensaam, sal ek nuwe vriendskappe binne die VLU bou?
Lees meerDie VLU skep die geleentheid om vriendskappe te smee.
Ons lede sê self:
Die VLU is ‘n plek van samesyn en ondersteuning in goeie en moeilike tye.
‘n Plek waar mens tuis voel en jouself kan wees.
Die VLU is die samekoms van uiteenlopende vroue wat mekaar aanvaar.
Gebeurtenisse vir 2025
Nuutste uitreik
Ons nuutste uitreikprojek vir 2025:
Hartsmense
‘n Spesiale projek wat fokus op bejaardes – ons dra by tot hul welstand en bring lig in hul lewens. Die onderskeie takke en streke besluit self hoe die projek aangepak/uitgevoer en aan wie die skenking of bydraes gemaak word.
Kompetisies
By VLU Overvaal word daar jaarliks kompetisies uitgeskryf wat gefokus is om ons lede se vaardighede te ontwikkel. Al ons kompetisies bied ons lede die geleentheid om hul kreatiwiteit en vaardighede te laat skyn, om ’n uitdaging aan hulself te stel en ‘n nuwe vaardigheid te bemeester. Lede kan vrywillig deel neem en elke dame het die geleentheid om op tak-, streek -en provinsialevlak deel te neem.
Opkomende kongres
Daar vind jaarliks ‘n provinsiale kongres plaas wat oor twee dae strek. Die Kongres is die vertoonvenster van die jaarlikse aktiwiteite. Enige lid van VLU Overvaal kan die Kongres bywoon.
Die 2025 Kongres vind op 27 en 28 Augustus te Meulstroom Lodge, Bronkhorstspruit plaas.
Registrasies het reeds gesluit.

Nuutste
uitreik

Ons nuusbord
Nuusbord
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetuer adipiscing elit, sed diam nonummy nibh euismod tincidunt ut laoreet dolore magna aliquam erat volutpat. Ut wisi enim ad minim veniam, quis nostrud exerci tation ullamcorper suscipit lobortis nisl ut aliquip ex ea commodo consequat.
Nuutste tydskrif
VLU Overvaal is baie trots op die Overvaal Nuus, ‘n tydskrif wat drie keer per jaar verskyn. Interessante inligting word gedeel en takke en streke spog met hul aktiwiteite.
Lees gerus die nuutste uitgawe om meer te leer oor ons doen en late.
Nuus & Artikels
VLU Overvaal is ‘n dinamiese organisasie met verskeie aktiwiteite buiten die geskeduleerde maandbyeenkomste.
Nuutste
tydskrif
VLU Overvaal is baie trots op die Overvaal Nuus, ‘n tydskrif wat drie keer per jaar verskyn. Interessante inligting word gedeel en takke en streke spog met hul aktiwiteite.
Lees gerus die nuutste uitgawe om meer te leer oor ons doen en late.
Nuus &
Artikels