VLU Overvaal kompetisie kategorie

Breiwerk vir beginners

2025

VLU Overvaal kompetisie kategorie

Breiwerk vir beginners

2025

VLU Overvaal kompetisie kategorie

Breiwerk vir beginners

2025

Vingerlose handskoene

Laai kompetisie riglyne af
  • Brei ‘n paar handskoene sonder vingers vir ‘n dame deur net 2 naalde gebruik, dit plat te brei en dan met ‘n naat aanmekaar te werk, met of sonder ‘n gevormde duim.
  • Of jy iemand is wat onlangs geleer brei het of nog ‘n onervare beginner is, vingerlose handskoene is die ideale artikel om verskillende breisteke te oefen en om breispanning onder die knie te kry! Om iets vir jouself te brei en boonop prakties te kan gebruik wek ‘n tipe satisfaksie waarop mens kan trots wees. Hoe lekker is dit nie om met jou eie handewerk te kan spog nie?

Beoordeling en Punteskaal:

VOORKOMS - 50%

  • Die voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Die handskoene sonder vingers moet fris en skoon voorkom.
  • Brei ‘n stel handskoene sonder vingers, op 2 naalde. Die breinaalde moet absoluut skoon wees.
  • Die duim kan gevorm wees, of ‘n opening kan gelaat moet deur ‘n volwasse dame gebruik kan word en behoorlik pas.
  • Enige kleur kan gebruik word, of dit nou effe kleur of ‘n gare is wat verander in skakerings.
  • Tooisels, bv knope wat nie noodwendig as vasmakers gebruik word nie, mag gebruik word. Hou in ag dat enige tooisel, uit nie meer as 10% van die artikel mag bestaan nie.
  • Twee voltooide handskoene, een vir elk van die linker- en regterhand, word aangebied. Die handskoene moet ongewas en ongebruik wees. 

WERKSGEHALTE - 50%

  • ‘n Stewige, egalige en elastiese spanning word vereis vir breiwerk.
  • Enige aan- en afhegting kan gebruik word, mits dit elasties is.
  • Vermeerdering of vermindering van steke moet so gedoen word dat dit die handskoene ‘n goeie fatsoen gee. Dit moet onopsigtelik wees en nie gaatjies maak nie.
  • Die toewerk van die naat moet netjies en so plat as moontlik wees. Die naat moetelasties wees en mag nie bult of by die rand inkeep nie. Nate word altyd toegewerk met die garing waarmee gebrei is.
  • Los draadjies moet onopsigtelik en netjies weggewerk word.

Wenke:

  • Kies ‘n styl wat goed om die gewrigte pas.
  • Kies ‘n patroonsteek van geskik is vir die doel van die gebruik van die artikel, maw moenie ‘n vreeslike kantagtigepatroonsteek gebruik wat maklik kan hak en geneig is om fatsoen te verloor of ‘n bonkige patroonsteek wat die praktiese gebruik van die handskoene belemmer nie. Dik gebreide patroon met plekke wat uitsteek, word maklik vuil.
  • Die grofheid of fynheid van die patroonsteek moet in ag geneem word vir ‘n dame.
  • Daar is baie verskillende opsies om van te kan kies wanneer dit by die keuse van gare kom. Van regte wol tot katoen, sintetiese vesels asook mengsels van gare. Enigebreigaringof hekelkatoengaring kan gebruik word, mits dit nie te dun of te dik is nie.Bv, chunky yarn of T-shirt yarn, word nie aanbeveel nie. Kies gare wat duursaam, sterk, dog sag is, omdat die handskoene redelike “wear and tear” gaan deurmaak.
  • Vir handskoene, kan dubbeldraad of 4 draad gare gebruik word. Elastiese gare sal die handskoene ‘n gemakliker passing gee.
  • Maak gebruik van die aanbevelings op die gare se etiket waarmee jy wil brei, maar hou in ag dat almal se steekspanning verskil.

Addisionele inligting:

Op die aangehegteetiket wat as voorbeeld gebruik word, word aanbeveel dat jy enige breinaalde kan gebruik tussen 3,5 en 4,5. Om te bepaal wat jou breispanning is, moet jy ‘n toets blokkie brei. Op die etiket word aanbeveel dat jy 22 steke op ‘n naald brei vir 22 rye. Die voltooide blokkie behoort dan 10 x 10 cm te wees. Indien jou blokkie te klein is, beteken dit jou spanning is te styf en jy moet ‘n groter breinaald gebruik. Indien jou blokkie grot

Vir meer inligting:

Kontak gerus vir Mariëtte Bester by 084 245 1521.

Vingerlose handskoene

Laai kompetisie riglyne af
  • Brei ‘n paar handskoene sonder vingers vir ‘n dame deur net 2 naalde gebruik, dit plat te brei en dan met ‘n naat aanmekaar te werk, met of sonder ‘n gevormde duim.
  • Of jy iemand is wat onlangs geleer brei het of nog ‘n onervare beginner is, vingerlose handskoene is die ideale artikel om verskillende breisteke te oefen en om breispanning onder die knie te kry! Om iets vir jouself te brei en boonop prakties te kan gebruik wek ‘n tipe satisfaksie waarop mens kan trots wees. Hoe lekker is dit nie om met jou eie handewerk te kan spog nie?

Beoordeling en Punteskaal:

VOORKOMS - 50%

  • Die voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Die handskoene sonder vingers moet fris en skoon voorkom.
  • Brei ‘n stel handskoene sonder vingers, op 2 naalde. Die breinaalde moet absoluut skoon wees.
  • Die duim kan gevorm wees, of ‘n opening kan gelaat moet deur ‘n volwasse dame gebruik kan word en behoorlik pas.
  • Enige kleur kan gebruik word, of dit nou effe kleur of ‘n gare is wat verander in skakerings.
  • Tooisels, bv knope wat nie noodwendig as vasmakers gebruik word nie, mag gebruik word. Hou in ag dat enige  tooisel, uit nie meer as 10% van die artikel mag bestaan nie.
  • Twee voltooide handskoene, een vir elk van die linker- en regterhand, word aangebied. Die handskoene moet ongewas en ongebruik wees. 

WERKSGEHALTE - 50%

  • ‘n Stewige, egalige en elastiese spanning word vereis vir breiwerk.
  • Enige aan- en afhegting kan gebruik word, mits dit elasties is.
  • Vermeerdering of vermindering van steke moet so gedoen word dat dit die handskoene ‘n goeie fatsoen gee. Dit moet onopsigtelik wees en nie gaatjies maak nie.
  • Die toewerk van die naat moet netjies en so plat as moontlik wees. Die naat moetelasties wees en mag nie bult of by die rand inkeep nie. Nate word altyd toegewerk met die garing waarmee gebrei is.
  • Los draadjies moet onopsigtelik en netjies weggewerk word.

Wenke:

  • Kies ‘n styl wat goed om die gewrigte pas.
  • Kies ‘n patroonsteek van geskik is vir die doel van die gebruik van die artikel, maw moenie ‘n vreeslike kantagtigepatroonsteek gebruik wat maklik kan hak en geneig is om fatsoen te verloor of ‘n bonkige patroonsteek wat die praktiese gebruik van die handskoene belemmer nie. Dik gebreide patroon met plekke wat uitsteek, word maklik vuil.
  • Die grofheid of fynheid van die patroonsteek moet in ag geneem word vir ‘n dame.
  • Daar is baie verskillende opsies om van te kan kies wanneer dit by die keuse van gare kom. Van regte wol tot katoen, sintetiese vesels asook mengsels van gare. Enigebreigaringof hekelkatoengaring kan gebruik word, mits dit nie te dun of te dik is nie.Bv, chunky yarn of T-shirt yarn, word nie aanbeveel nie. Kies gare wat duursaam, sterk, dog sag is, omdat die handskoene redelike “wear and tear” gaan deurmaak.
  • Vir handskoene, kan dubbeldraad of 4 draad gare gebruik word. Elastiese gare sal die handskoene ‘n gemakliker passing gee.
  • Maak gebruik van die aanbevelings op die gare se etiket waarmee jy wil brei, maar hou in ag dat almal se steekspanning verskil.

Addisionele inligting:

Op die aangehegteetiket wat as voorbeeld gebruik word, word aanbeveel dat jy enige breinaalde kan gebruik tussen 3,5 en 4,5. Om te bepaal wat jou breispanning is, moet jy ‘n toets blokkie brei. Op die etiket word aanbeveel dat jy 22 steke op ‘n naald brei vir 22 rye. Die voltooide blokkie behoort dan 10 x 10 cm te wees. Indien jou blokkie te klein is, beteken dit jou spanning is te styf en jy moet ‘n groter breinaald gebruik. Indien jou blokkie groter is as die aanbevole 10x10 cm, moet jy ‘n kleiner naald gebruik. Daarom word aanbeveel dat jy enige breinaalde kan gebruik tussen 3,5 en 4,5.

Vir meer inligting:

Kontak gerus vir Mariëtte Bester by 084 245 1521.

Vind 'n kompetisie waar jou talente kan skyn

Indien jy opsoek is na kompetisie wat meer van 'n uitdaging is vir jou nie, besoek gerus ons VLU Overvaal kompetisie webblad. Hier kan jy soek deur ‘n verskeidenheid van kategorieë om ‘n kompetisie te vind waar jou kreatiwiteit en vaardighede kan skyn. Ons sien uit om jou werk op ons beoordeelaars tafel te sien.

Sien ander kompetisies